Stad groet geliefde oud-polisievrou
Sandra het so baie beteken vir so baie mense in die gemeenskap.
Die stad rou oor die heengaan van oud-polisievrou, Luitenant-Kolonel (afgetree) Sandra Blount.
Sandra is op 10 Desember oorlede.
In haar meer as 30 jaar in diens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is sy deur haar kollegas beskryf as ’n ystervrou wat so baie vir so baie mense beteken het en byna enigiets vir haar medemens sou doen.
Haar kleinkind Bianca Blount het gesê dat haar ouma enige vertrek kon ophelder as sy ingestap het en begin het met haar streke. “Sy gaan gemis word deur nie net die familie en vriende nie, maar ook die gemeenskap. Ma se plek is nou leeg by ons, maar weet dat ma nou rus. Ma los ʼn groot leemte en sal in soveel se harte en gedagtes voortleef,” het Bianca namens die familie gesê.
Sandra laat agter haar twee dogters en een seun, asook vyf kleinkinders en haar lewensmaat, Bobby Blount.
Die roudiens sal plaasvind op 28 Desember om 11:00 vanuit die Witbank Methodist Church in Louisestraat.
Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking
