News

Gelofte van 184 jaar gelede steeds herdenk

Geloftedag op gepaste wyse herdenk.

Die Gelofte wat in 1838 deur burgers afgelê is, is na 184 jaar weer vanjaar herdenk.

Die Witbank Geloftefees het op 16 Desember by die NG Kerk Vallei-gemeente plaasgevind.

Die gasspreker by vanjaar se verrigtinge was die bekende mnr. Hannes Noëth, uitvoerende direkteur: Solidariteit Helpende Hand wat gesels het rondom die tema: ‘Hier staan ons’.

Die erediens is waargeneem deur ds. Hannes Grobler.

Geloftefees komitee voorsitter, mnr. Leon Viviers het almal bedank wat die dag saam kom beleef het en aangedui dat volgende jaar se herdenking by die NG Kerk Basileia-gemeente in Klipfontein gehou sal word.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za 

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button