Laerskool Kragbron se Juffrou Elize lê die tuig neer
Oud-leerders het op die skool se Facebook-blad hul herinneringe oor dié juffrou gedeel.
Na 54 jaar in die onderwys, waarvan 46 jaar daarvan by Laerskool Kragbron, het me.
Elize Walz die tuig neergelê.
Oud-leerders van dié laerskool het die geleentheid gehad om op die skool se Facebook-blad te gaan groet en gesê wat Juffrou Elize vir hulle beteken het.
Annelize van Vollenstee het gesê; “Wat ʼn vooreg was dit om te sê juffrou het vir my skool geggee. Juffrou Elize Walz jy is ʼn ‘amazing’ mens met die mooiste hart. Geniet elke oomblik by die huis.”
Ander het haar onthou as hulle media-onderwyser en die belangrike rol wat sy in baie kinders se lewens gespeel het.
“Sal haar vir altyd onthou. My graad drie juffrou, baie goeie en pragtige juffrou. Altyd liefde gewys en ook gegee aan elke een in haar klas. Juffrou het diep spore in my lewe getrap,” het Annelie Botes gesê.
Juffrou Elize ruil nou haar besige skoolprogram vir die stilte en vreedsaamheid van haar eie huis.
Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking
