News

‘Sing lewe oor ons seuntjie’ vra ouers

Luca se mamma, me. Chantell Bothma vra dat almal bid vir haar seuntjie se volkome herstel.

Klein Luca Bothma hou aan veg nadat hy in ‘n swembad geval het. Die kleinman se ouers vra steeds vir gebede dat hulle seuntjie volkome sal herstel.

“Ons God is groot, Sy wonderwerke net so groot, ons glo dat Hy Luca sal gesond maak,” het Luca se mamma, me. Chantelle Bothma gesê.

Dit is nou Luca se agtste dag in die hospitaal.

Chantelle het gesê hulle kan nie verstaan hoe Luca die swembad se hek oopgekry het nie, aangesien dit selfs vir hulle moeilik is om die hek oop te maak.

Luca is na Life Cosmos Hospitaal toe geneem waar hy gestabiliseer is voor hy Johannesburg toe gevlieg is vir verdere behandeling.

Luca wat al lank met sy longetjies sukkel het longinfeksie gekry.

Die dokters hou hom onder sedasie.

Sy suurstof vlakke word ook dopgehou.

Luca Bothma is steeds onder sedasie,

Die neuroloog wat oor Luca is het gesê die mannetjie is ‘n klein vegtertjie.

Breinskanderings is gedoen en alles lyk normaal.

“Ons vra dat al ons gebedsvriende sal bid en lewe sal sing oor ons klein wonderwerkie,” het Chantelle gesê.

WITBANK NUUS sal hul lesers op hoogte hou van klein Luca se vordering.

Volg gerus die skakel om deel van Luca se gebedsketting te wees: Bid vir Luca.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button