News

Solidariteit gee fan-‘tas’-tiese geskenke vir Laerskool Panorama

Solidariteit Helpende Hand se Witban-tak het met sak en pak op Maandag, 9 Januarie, skooltassies aan Laerskool Panorama oorhandig vir Graad 1 leerders van 2023 nie met ’n tassie skool toe kan gaan op hul eerste dag nie.

Solidariteit Helpende Hand het die week hul jaarlikse projek om skooltassies te oorhanding aan Graad 1 leerders aange-‘pak’ en skooltassies vir Laerskool Panorama oorhandig vir nuwe leerders van 2023.

ʼn Gekoude potlood en stomp skêr is waarmee sommige kinders hul skoolloopbaan begin. Vir baie kinders is die voordeel van ʼn splinternuwe skooltas net nie moontlik nie.

Laerskool Panorama het vanjaar tassies ontvang om te oorhanding aan Graad 1 leerders van 2023 wie nie met ’n tassie skool toe kan gaan op hul eerste dag nie.

Die skool het hierdie behoefte reeds in 2022 raakgesien en die aansoekproses deurgegaan om te verseker dat hul aansoek ontvang word.

Die keuringsproses is hanteer en Jackie Potgieter, lid van die Solidariteit Helpende Hand Witbank-tak kon op Maandag, 9 Januarie die tassies aan die skool oorhandig.

Solidariteit Helpende Hand bied jaarliks skooltasse aan Graad 1 leerders en die Tassie-projek vorm deel van die nasionale projekte.

Hierdie projek bied reeds vanaf 2007 tassies met die nodige skryfbehoeftes soos, onder andere, potlode, skerpmaker, pennesakkie, Christelike leesboekie genaamd ‘Die Wit Rokkie’ asook inkleurpotlode, liniaal, skerpmaker en so meer.

Hierdeur word elke kindjie ’n gelyke kans gebied om hul laerskoolloopbaan net soos die blinkgepoleerde maatjie langs hom of haar, te kan begin.

Om ’n skenking te maak of deel te vorm van Helpende Hand, kontak Annemarie van Heerden: 082 829 2546 of annemarie@helpendehand.co.za asook Melissa Nel: 072 660 7345 of melissa@helpendehand.co.za

Besoek ook www.helpendehand.co.za vir meer oor al die projekte van Helpende Hand.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: Instagram Twitter Witbank News toep Facebook pageWitbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button