Luca sien sussie eerste keer in 24 dae
Mamma Chantelle en sussie Claire kan nie wag om Luca huis toe te neem nie.
Luca Bothma se oë het opgewonde saamgesels toe hy sy sussie die eerste keer in 24 dae weer sien.
Claire Bothma kon nie wag om haar boetie net ’n stywe drukkie te gee nie.
Hy het teen Sondag, 22 Januarie minder suurstof begin kry nadat hy’n week voor dit van die ventilator af geneem is.

Dié kleuter wat skuins voor oujaar in die swembad by sy ouerhuis geval het, was teen Maandag, 23 Januarie steeds in die hospitaal.
Luca is na Life Cosmos Hospitaal geneem waar hy gestabiliseer is en toe Johannesburg toe gevlieg vir verdere behandeling.
Die seuntjie sukkel al ’n geruime tyd met sy longetjies en het longinfeksie opgedoen. Die dokters het hom onder sedasie gehou en sy vordering fyn dopgehou.
SIEN DIE VIDEO HIER:
Mamma Chantelle Bothma het haar na sosiale media gewend en op een na die ander gebedskettings is vir die blonde seuntjie gebid.
Chantelle het gesê hierdie storm in hul lewens is ʼn roep om stil te word en te besef God is altyd in beheer.
“Luca kan mens nogal ‘ignore’ as mens hom roep, maar God het my stil gemaak in hierdie storm en vir my gesê Luca gaan nie reageer op Luca nie, maar op Samuel. Luca beteken ‘bringer of light’. Op die oomblik het hy die lig gaan haal by God om vir ons te bring en orals waar hy gaan. Want hy is geroep vir God se werk en net soos Samuel se ma hom vir God gegee het, so gaan ek my kinders grootmaak in die huis van God,” het Chantelle gesê.
Chantelle weet nog steeds nie hoe Luca die swembad se hek oopgekry het nie, want selfs grootmense sukkel om die hek oop te maak.
Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: Instagram Twitter Witbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking
