Local newsNews

Kom vier die liefde met ‘Hart en Siel’ saam met Jennifer Zamudio

Jennifer is bekend vir treffers soos ‘Hart se loper’, ‘Hart en Siel’, ‘Liefdeshartaanval’, ‘Dalk’ en meer onlangs ‘Jy het my vergeet’ en ‘Weerkaats’.

Februarie is die Maand van Liefde ‒ Het jy al planne om jou geliefde te bederf?

Kom geniet ’n heerlike aandjie uit en vier die liefde met hart en siel in die geselskap van Jennifer Zamudio, die vrou met die ontwerperstem.

Jennifer is bekend vir treffers soos ‘Hart se loper’ ‘Hart en Siel’, ‘Liefdeshartaanval’, ‘Dalk’ en meer onlangs ‘Jy het my vergeet’ en ‘Weerkaats’

Dié bekende en bekroonde Suid-Afrikaanse sangeres tree op Saterdag, 11 Februarie by die NG Kerk, Witbank-Suid gemeente (Trappieskerk) se kerksaal op. Die vertoning begin om 18:00 vir 18:30.

Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor teen R150 per persoon (R1 500 per tafel) of skakel 013 656 4362.

Vir enige navrae, skakel ds. Maans van Zyl: 082 784 0884.

Jy kan jou eie eet- en drinkgoed bring en net die aand geniet, want Jennifer gaan beslis jou voete onder jou uitslaan.

 

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button