Local newsNews

Jennifer laat die harte warm klop by Valentysete

Jennifer Zamudio het beslis ’n paar nuwe aanhangers bygekry na haar optrede hier in die Steenkoolstad.

Bekende en bekroonde Afrikaanse sanger, Jennifer Zamudio het beslis ’n paar nuwe aanhangers bygekry na haar optrede hier in die Steenkoolstad.

Sakkie en Elza van Wyk en René van der Linde.

Jennifer was die gaskunstenaar tydens die NG Kerk Suid-gemeente  (Trappieskerk) se Valentynsete op Saterdag, 11 Februarie.

Sy het met treffers soos: “Ek sal berge klim vir jou’, ‘Hart en Siel’, ‘Dalk’ en ‘Weerkaats’ die liefde laat seëvier.

André en Nellie Fouché en Boet en Heidi du Preez.

Haar warm verhoogpersoonlikheid het gou groot aanklank gevind en sy het behoorlik die gehoor aan haar voete gehad.

Hugh en Irma Koegelenberg.

Ds. Maans van Zyl, leraar van die Trappieskerk bedank almal wat saam kom kuier het.

Dié groepie het die aand terdeë geniet.

Sien meer hier:

 

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button