Local newsNews

‘Spluma se gat’ seg die Engelsman in plein Afrikaans

‘Spluma is ’n vloekwoord’ reken die Engelsman.

Dan mag ons, dan mag ons nie. Die hele Spluma-ding is besig om inwoners hewig om te krap.

Die vreugdesvure is verlede week aangesteek toe die woord gebreek het dat die plaaslike munisipaliteit besluit het om hul appèl teen die hofuitspraak oor die Spluma-bywet te laat vaar.

Dieselfde vure is vinnig geblus to die mislikepaliteit laat weet het hulle is verkeerdelik aangehaal.

Hulle gaan voort met hulle appèl teen die hofuitspraak van verlede jaar toe Glencore hulle aangevat het oor die Spluma-sage.

Dus alvorens jou eiendom oorgedra mag word aan die nuwe opgewonde eienaars van jou ‘paleisie’ moet ’n Spluma-sertifikaat uitgereik word.

Spluma het op 1 Julie 2015 in werking getree.

Hierdie wetgewing is ingestel om eenvormige beplanningswetgewing daar te stel sodat munisipaliteite oor die land grondgebruikbeheer eenvormig kan toepas.

Spluma is ’n nasionale wetgewing, maar plaaslike owerhede het die reg om hulle eie Spluma-verordeninge te maak.

In Emmawillielênie word boetes links en regs uitgereik as jou Spluma-verordening nie in plek is nie.

Maar wat nou as jy jare terug jou ‘paleisie’ gekoop het met sy afdakkie en al.

Dan moet jy maar afbreek – of die boete betaal.

Solank die mislikepaliteit dié Spluma-vereiste aanwend, is die koop en verkoop van eiendom meer as net die nagmerrie in Emmawillielênie.

Hierdie proses vat eeue in vergelyking met die mislikepaliteit se horlosie wanneer hulle krag afsit as jy teen die sewende nie betaal het nie.

So wil die Engelsman weet wat gebeur as jou bouplanne ‘verdrink’ het toe die mislikepaliteit destyds onder water was en baie waardevolle dokumentasie daarmee heen is.

Terwyl die ‘eish’ rinkel in sy glasie en hy nog ’n proeseltjie skink, seg hy so ewe ‘Ja-nee, hier sal ons maar bly in onse pondokkie, afdak en al.” Spluma is die Engelse afkorting vir Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbetuurswet, maar vir my Engelsman is dit die afkorting vir meer geld in die koffers …

Dit my liewe lesers, los ek vir julle om julle eie afleidings te maak.

 

Stuur vir ons jou opinie oor die Spluma by-wet. Jy kan dit epos na

info@witbanknews.co.za.

Jy kan ons bel by  013 656 2490.

Vir lekker-lees stories oor ons gemeenskap besoek gerus WITBANK NUUS se webtuiste www.witbanknews.co.za.

Vir meer nuus en artikels kan jy WITBANK NUUS volg op sosiale media Facebook,  Twitter of  Instagram.

 

HET JY GEWEET

Kliek op die woorde in blou om meer te lees oor die onderwerp.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button