Zayne en Kaitlyn laat die vuiste swaai vir goud
HTS uitblinkers behaal goud in Gemengde Gevegkuns kompetisie.
Twee leerders van die Hoër Tegniese Skool het onlangs hulle skool trots gemaak toe beide goue medaljes verwerf het in Gemengde Gevegskuns (Mixed Martial Arts – MMA).
Zayne Nagel en Kaitlyn van Wyk het op 25 Februarie aan ’n kompetisie in Hammanskraal deelgeneem.

Zayne (graad nege) het in die Worstel en Baklei-afdeling deelgeneem en ’n goue medalje los baklei.
Kaitlyn (graad 10) het ook ’n goue medalje losgeslaan in die Gemengde Gevegskuns-afdeling.
Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: InstagramTwitterWitbank News toepFacebook pageWitbank News Breaking
