Patties en Kriel wys wie’s baas op die sporrtvelde
Die twee skole was kop-aan-kop tydens Sarerdag, 15 April se sportdag.

Dit was ʼn opwindende dag vir rugby, hokkie en netbal by Hoërskool Patriot.
Op Saterdag, 15 April het Patties die onderskeie spanne van Hoërskool Kriel die stryd aangeê.
Die seuns- en meisies hokkiespanne van Hoërskool Patriot was die uitblinkersvir die dag.
Die eerste meisieshokkiespan het hul stryd gewen met 4-1 en die seunshokkiespan het ook naam gemaak met ʼn uitstekende telling van 6-1.

Hoërskool Kriel se o.16 meisieshokkiespan het gewen met 2-1 en die o.15 meisieshokkiespan het verloor teen Patriot met ʼn telling van 2-4.
Patriot se o.16 rugbyspan het Kriel net-net geklop met ʼn telling van 24-22.
Die eerste rugbyspanne het ʼn taai stryd gespeel en Hoërskool Kriel het gewen met 27-20.

In die netbal het die eerste span van Hoërskool Kriel, Patriot geklop met 29-17.
Die tweede netbalspan van Patriot het hul stryd gewen met 9-6.
Die o.16 netbalspan van Patriot het vloer skoongemaak met ʼn sterk telling van 15-1.

Hoërskool Kriel se o.15A en onder 14A-spanne het ook die netbal gewen met 7-1 en 11-7.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: za.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitterof Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
