Local newsNews
Kom bibber saam met HH vir komberse
Bring jou kombers vir liefdadigheid Vrydagaand na Saveways Spar toe.
Die plaaslike Helpende Hand (HH) tak gaan dié komende naweek die koue kaalvuis trotseer in ’n poging om komberse bymekaar te maak vir minderbevoorregtes.
Die tak gaan op 26 Mei in die parkeerarea voor Saveways Spar bibber en beef en jy kan vir hulle ’n kombers vat.
“Dié komberse gaan uitgedeel word aan dié wat dit nodig kry die winter,” het me. Jackie Potgieter van HH gesê.
Die brawe spannetjie gaan van 17:00 tot 20:00 daar sit, gaan loer gerus by hulle in.
Skakel Jackie by 076 469 3724 as jy graag ’n kombers wil skenk.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste:
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitterof Instagram
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
