Ouma Ous-Jan vier haar 90ste met ’n dans in die stap
Terwyl familie en vriende haar inwag vir haar 90ste verrassings-verjaardagpartytjie kom me. Wilhelmina Bezuidenhout (Ouma Ous-Jan) al dansend op die maat van musiek ingestap.

Terwyl familie en vriende haar inwag vir haar 90ste verrassings-verjaardagpartytjie kom me.
Wilhelmina Bezuidenhout al dansend op die maat van musiek ingestap.

Sy lyk swierig en kleurvol, soos ’n ‘Gypsy’ aangetrek en sy lyk beslis nie 90 jaar oud nie.
Ouma Ous-Jan, soos haar familie haar ken, het Saterdag, 27 Mei hierdie mylpaal-verjaardag saam met haar geliefdes gevier en toe haar agterkleinkinders vir haar ’n spesiale verjaardag dansopvoering doen, spring sy van haar stoel af op en begin saam met die jongklomp passies uitvoer.

Volledige berig in WITBANK NUUS.
Sien die video hier:
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
