Local newsNews

Helpende Hand se kombers-insameling gaan baie mense warm hou

Daar is 237 komberse ter waarde van R28 900 ingesamel, asook nie-bederfbare kosprodukte ter waarde van R3 000

Die plaaslike Helpende Hand (HH) tak het  verlede naweek die koue kaalvuis trotseer in ’n poging om komberse bymekaar te maak vir minderbevoorregtes.

Lede van die tak het Vrydagaand, 26 Mei in die parkeerarea voor Saveways Spar gebibber en beef, sodat mense vir hul komberse kon bring.

Daar is 237 komberse ter waarde van R28 900 ingesamel, asook nie-bederfbare kosprodukte ter waarde van R3 000.

“Die komberse en kos gaan uitgedeel word aan dié wat dit nodig kry die winter,” het me. Jackie Potgieter van HH gesê.

HH bedank elkeen wat die moeite gedoen het om komberse te bring en ook kos-skenkings gemaak het.

As daar nog mense is wat komberse wil skenk, kan hulle gerus vir Jackie by 076 469 3724 skakel.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button