HGH se eerstes seëvier oor Standerton
Skouspel rugby was die afgelope naweek by HGH opgedis.
Hoërskool Generaal Hertzog (HGH) se eerste rugbyspan en o.16A-span het die skool se naam hoog gehou op die rugbyveld die naweek.
HGH en Hoërskool Standerton het Saterdag, 3 Junie meegeding.
HGH Se eerstespan het vier keer agter die doellyn gaan kuier en Standerton 26-20 geklop.
Die tuisskool se o.16A-span het hulle wedstryd ook gewen met 21-3. Hulle het twee drieë teenoor Standerton se twee drieë gedruk.
Standerton se tweedespan het letterlik by die doellyn uitgekamp en agt drieë gedruk teenoor HGH se een drie. Standerton het HGH 50-7 gewen.
Die o.15A- en o.14A-spanne van HGH het ook kop onderstebo van die veld afgestap na ’n loesing van 31-5 en 22-0 in Standerton se guns.
SIEN DIE FOTO’S HIER
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.





































