Local newsNews
Hervormers se pannekoek is die lekkerste
Daar is net niks lekkerder as basaar-pannekoek nie.
Die Hervormde Kerk Witbank-Suid se basaar was ’n reuse sukses.

Die basaar is Saterdag, 3 Junie aangebied.

Die reuk van heerlike basaarkos het die lug gevul en die opgewonde lag en gesels het vertel dié basaar is die plek om te wees.

WITBANK NUUS is bederf met die lekkerste pannekoek wat deur mnr. Johan Oosthuizen gebak is.

Mnr. Willie van Dyk van die kerk het gesê die basaar was een vir die boeke.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
