Local newsNews

Die wiele was aan die rol by die Swartgoud Fees

Die Scirocco-groep het seker gemaak hulle word gesien en gehoor toe hulle inry op die veld.

Dié jaar het karre van alle soorte uitgestal by die Swartgoud Fees.

Die fees het alle karliefhebbers uitgenooi om hul eie pragmotors uit te stal of om die karre te kom besigtig.

Een van die uitblinkers op die dag was Antoinette Venter met haar kar, Princess.

Princess.

Princess is ʼn TSI Volkswagen Scirocco wat jou twee keer laat kyk.

Behalwe vir die uiterlike kenmerke het Princess ook ʼn klanksisteem wat jou hare op jou nek sal laat opstaan.

Antoinette het gesê dat haar kar nie standaard is nie, haar kar is gemodifiseer van 118kW en 240nm na 137Kw en 272nm.

Haar kar spog ook met ’n turbo-enjin.

Sy ry tans vir die Scirocco Suid-Afrikaanse groep.

Die groep het op Saterdag, 10 Junie die koppe laat draai met hul aankoms by die fees.

Sien die video hier:

Sien die fotos hier:

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of skakel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za

Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitterof Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button