Local newsNews

Mielie is steeds soek na vier maande

Mielie is nou al vir vier maande weg van sy eienaar.

Die soektog na Mielie is nou al vier maande aan die gang.

Op Maandag, 6 Februarie het Mielie,  ʼn beeshond reun van drie jaar oud, by Slagthoek Stapkamp net buite Middelburg verlore geraak.

Mielie.

Die soektog na Mielie het al landswyd gestrek. Hommeltuie en ʼn helikopter was ontplooi om na Mielie te soek.

Spoorhonde en talle mense het verskeie areas gefynkam in die soektog en 30 000 strooibiljette is uitgegee.

Etlike kilometers is gery na ander plase en buurte op soek na Mielie.

“Sewentien weke my brak…ek sal jou altyd mis, maar die lewe gaan aan en is mooi, my hart is rustig oor die besluit wat ek geneem het oor jou. Baie gebid en gevas oor jou en die Here het my vrede gegee. Daar is vrede in my hart en ek gee nie om wat enige iemand te sê het daaroor nie. Ek het jou belowe ek sal alles doen wat ek kan, en ek het. Dit is goed genoeg vir my. Ek sal jou nie vergeet nie, jy is en sal altyd deel wees van my. Jy is deel van ons ‘pack’ en sal altyd wees. Jy het my lewe verander en mooi ingekleur en is vir altyd dankbaar vir die ‘blessing’ van jou, my bosbrak. Ek dink aan jou ‘smile’ met ʼn vol ‘happy’ hart. Ek gee nie hoop op nie Mielie, ek vertrou die Here 100%, wat ookal Hy besluit,” het Kevin Ruthven, Mielie se eienaar in ʼn hartroerende boodskap op sosiale media geskryf.

Die soektog is steeds aan die gang en daar is ʼn R20 000 beloning vir die persoon wat Mielie kan terugbesorg aan sy eienaar.

Kevin en die soekgeselskap glo dat Mielie nog lewend is en dat iemand hom het en nie bewus is dat sy eienaar op soek is na hom nie.

Mielie.

Enige persoon met inligting kan Marthina Jansen van Rensburg skakel by 082 895 7807.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

 

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button