Local newsNews

Groot rugby wanneer Witbank en Middelburg kragte meet

Witbank slyp hulle tande vir ’n oorwinning oor Middelburg.

Dié naweek is daar groot rugby.

Witbank Rugbyklub meet Saterdag 24 Junie kragte teen Middelburg Rugbyklub op Hoërskool Patriot se velde.

Hierdie kragmeting is die twee rondte in die premier-liga.

Witbank het Middelburg in die eerste rondte 19-17 gewen.

Die plaaslike span lê tans in ’n bestendige tweede plek met 19 punte op die punteleer met Sasol Rugbyklub in die eerste plek met 24 punte.

Middelburg is in vierde plek met sewe punte.

Witbank het ’n paar veranderinge gemaak aan hulle span.

Hulle het in voorbereiding van die wedstryd gefokus op nuwe strukture en hulle spelpatroon ook aangepas.

Derick Haasbroek hou die span se leisels vas as kaptein.

Die spelers van die wedstryd teen Bethal was Joe Fourie en Vuyelwa Khoza, en sal soos oudergewoonte met die pienk broekies op die veld draf.

“Ons gaan die wedstryd speel asof dit finaal is. Ons weet Middelburg gaan nie ’n maklike wedstryd wees nie, dis maar altyd ’n taai een daardie,” het Gerhard van der Heever die span se afrigter gesê.

Na dié derby die naweek het Witbank twee weke om voor te berei vir hulle wedstryd teen Sasol op 15 Julie.

Gaan maak gerus ’n draai by Hoërskool Patriot vir skouspel-rugby wat opgedis gaan word.

Die tweedespan skop 14:00 af en die eerstespan 15:30.

Wie dink jy gaan die naweek se kragmeting wen?

 

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button