Local newsNews

Kom verwelkom die lente met orrel en opera

Vir 90 minute gaan die sanggroep Sout en Saffraan musiekliefhebbers vermaak ’n lentekonsert.

Die kwik is stadig maar seker besig om te styg en lente klop aan die deur.

Om die nuwe seisoen te verwelkom beplan die musiek duo Lillibet Steyn en Peter Venter van die sanggroep Sout en Saffraan ’n lente konsert.

Dié konsert gaan op Sondag 2 September om 14:30 in die pragtige NG Moedergemeente Witbank se Klipkerk aangebied word.

Die 90 minute program sal ’n verskeidenheid liedere uit bekende musiekblyspele, operas en rolprente bevat, asook ’n handvol Afrikaanse gunstelinge en klassieke musiek.

Die Klipkerk is in 7 – 11 Krugerstraat geleë en daar is veilige parkering beskikbaar.

Kostes beloop R60 per volwassene, R40 vir pensionarisse en R30 vir kinders 10 jaar en ouer.

Vir meer inligting bel gerus 071 613 8235, besprekings kangedoen word by www.quicket.co.za of gebruik die kortpad skakel https://qkt.io/9xcyot .

HET JY ’N STORIE OM TE VERTEL?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button