Local newsNews

Kom bederf jouself by die Hoëveld Doppers se Biltongfees

Volg gerus die Gereformeerde Gemeente Hoëveld op Facebook vir inligting soos pryse, program en kontakbesonderhede.

Hier in die doodsnikke van die winter bied die Gereformeerde Kerk Hoëveld hulle jaarlikse Biltongfees aan.

Dié fees vind op 26 Augustus by Fountains of Blessing af. Fountains of Blessings is ongeveer 1km van Olifants River Lodge af.

Daar is hope kos om te kom geniet van jaffels, pannekoek, pap en kaaiings, vars vleis en natuurlik hope biltong wat te koop aangebied sal word.

Die feestelikhede begin van 09:00 af en hou tot laat aan.

Daar is verskeie aktiwiteite wat beloof om jonk en oud besig te hou. So ook is daar ’n veilig met lekker items soos onder andere ‘n naweek weg in Marloth Park, ’n slagbees en nog vele ander.

Kom stel jou skietvernuf ten toon met die haelgeweer skietkompetisie.

Daar sal deurlopend ook musiek wees om ’n lekker gees te kweek op die terrein.

Ingang beloop R20 vir volwassenes, R10 vir kinders en pensioenarisse. As jy jou eie koelboks wil saambring is jy welkom, en die kurkfooi daarvoor gaan slegs R50 wees.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

Het jy geweet?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button