Bekende karate-instrukteur verdrink in see aan Natalse Suidkus
Sy en klublede van Samurai Warriors het aangemeld vir ’n nasionale oefenkamp
’n Bekende plaaslike karate-instrukteur het vanmiddag tragies verdrink voor die aanvang van ’n nasionale karate gasshuku (oefenkamp).
Sensei Bernice Harris het in die see by Leisure Bay aan die Natalse Suidkus verdrink toe sy deur ’n sterk seestroom meegesleur is.
Sy en klublede van Samurai Warriors het aangemeld vir ’n nasionale oefenkamp wat die naweek deur JKS aangebied word.
Vroeër vanjaar was die klub in rou gedompel toe hul instrukteur, sensei Filip Houndalas
in ’n motorongeluk omgekom het.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
