
Wehann van Sittert (18), ’n leerder van Hoër Tegniese Skool (HTS) het sy oog op die pot goud aan die einde van die reënboog.
Dié eerstespan hokkie-ster is besig om naam te maak op die hokkieveld en is sterk op pad Ierland toe waar hy en nog ’n leerder van HTS saam met 14 jong spelers vanuit ander streke die land gaan verteenwoordig vanaf 8 tot 18 Desember.

Die toernooi gaan in Dublin afskop en die span gaan deur die hele Ierland toer tydens die toernooi. Hy het plek in die Rhino-span behaal toe hy in Julie vanjaar aan ’n toernooi gaan deelneem het in Vereeniging.
Dié hokkie ‘boffin’ speel al van graad drie af hokkie en geniet dit om af en toe gholf te speel saam sy vriende, maar hokkie bly sy passie.
“Ek het eers in Mpumalanga deelgeneem, toe begin die Mpumalanga spele nie meer lekker raak nie. Ons het darem ’n meneer geken by die Rhinos en ek het toe besluit om daar deel te neem. Hokkie speel ek by die skool baie en enige geleentheid wat ek kan kry om in hokkie klubwedstryde deel te neem. Ek wil eendag aan die SA’s gaan deelneem,” het Wehann vertel.
Wehann se ouers het ’n ‘BackaBuddy’-profiel gestig om te help geld insamel vir die toer wat voorlê.
“Ons het hom in Julie-maand gestig. Daar is ’n skakel wat ons rondstuur op ons sosiale media,” het Wehann se ma, Marcia, vertel. Die ouers maak ook van lootjies gebruik en wil graag nog projekte aanpak in die hoop om nog geld in te samel.
“Dit is ’n klomp geld, maar ons as ouers wil ons kind blootstel aan al die geleenthede. Hy het ’n voorreg wat ons nooit sal hê nie. Hy gaan daardie land sien en ons nie. Hulle kry ook afrigting van internasionale afrigters. En hy gaan baie leer, ons is so trots op hom,” het Wehann se ma gespog.
“Die hele toer gaan R55 000 kos en dit is sonder sakgeld en warm klere,” het Wihann se pa, Arend gesê.
Daar is tot dusver al R11 000 ingesamel, maar die familie kort nog baie hulp om hul teiken te bereik en hoop die publiek sal help om Wehann se droom ’n realiteit te maak.
Die wat nog inligting benodig oor hoe om ’n bydrae te maak, kan Arend van Sittert skakel by 082 333 7260.
Of kliek op die BackaBuddy skakel hier onder;
BackaBuddy link:
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram
