Familie-pretdag ‘galoppend’ lekker
Die weer het so lekker saamgespeel die afgelope naweek en die ruiters kon na hartelus perdry.

Daar was ’n feestelike atmosfeer by Caramia Speranza die afgelope naweek.
Perderuiters het Saterdag, 4 November, opgewonde perd gery en aan verskillende aktiwiteite deelgeneem tydens die familie-pretdag.

Kleurvolle stalletjies het ietsie van alles gehad en terwyl die kinders op die perde was, het mammas en pappas onder die heerlike koeltebome gesit en ontspan.
Plaaslike nuus | Perderitte, boogskiet en kleurvolle stalletjies was aan die orde van die dag tydens die familie pretdag by Caramia Speranza die afgelope naweek
Lees meer hier: https://t.co/Ii0Yx5zGUi#witbanknuus— WitbankNews (@WitbankN) November 13, 2023
Johan van Rensburg het die boë styf gespan en almal het ’n slag probeer boogskiet.

Anita Terblanche van die ryskool het gesê dit was ’n groot opkoms en sy is bly dat die kinders die dag saam met haar en die perde kon spandeer.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitterof Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.