Local newsNews
Soriée-tak hou lekker vergadering
Dit is een van die laaste samekomste voordat die tak afsluit vir die jaar.

Die Vroue Landbou-unie Soirée-tak het ’n vrugbare vergadering gehad.

Dié keer het die dames dit rustig gevat en lekker saam gekuier met tee en eetgoed.

Op Saterdag, 18 November, het die dames by Robyn’s Nest vergader waar hulle geleer het hoe om op koppies te verf.

Die dames het eers met potlood hul sketse op die koppies geteken en toe geverf.

Martie Vermeulen het kom inloer om die dames te wys hoe om sonder sukkel hul klei koppies soos kunsstukke te laat lyk.
Dit is een van die laaste samekomste voordat die tak afsluit vir die jaar.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.