Local newsNews

VLU Azaria staan hul ‘vrou’

Azaria leer selfverdediging tegnieke om hulself in 'n gevaarlike situasie te beskerm.

Die Vroue Landbou-unie Azaria-tak het vuiste geswaai in die naam van selfverdediging.

Hendriët Prinsloo, Nicky Prinsloo en Pikkie Engelbrecht.

Die dames het dit goed gevind om bietjie op te vang oor hoe om hulself te beskerm.

Die tak het by die Hervormde Kerk Witbank-Noord op Donderdag, 19 Oktober vergader.

Evelyn Mocke.

Pikkie Engelbrecht het bietjie kom inloer en die dames verskeie grepe en tegnieke geleer om hul opponent op hul knieë te bring.

Nicky Prinsloo, Hendriët Prinsloo en Pikkie Engelbrecht.

Van die grepe was deur drukking onder jou aanvaller se neus te plaas en om jou aanvaller aan die sleutelbeen te gryp.

Agter: Marien Müller, Nicky Prinsloo, Linda Rörich, Martie Engelbrecht, Pikkie Engelbrecht, Belinda Duvenage, Heila Engelbrecht. Voor: Hendriët Prinsloo, MC Oosthuizen en Evelyn Mocke.

Daar was ook gewys waar en hoe om jou aanvaller op die nek net reg te tref om hom asemloos te laat.

Marien Müller.

Die was een van vele suksesvolle werksklasse wat die tak gehou het. Die dames kan nou maar met gemak die boewe op hul plek sit.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

 

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button