Dinamiet kom in klein pakkies
Kaitlyn en Bayliam van Wyk het by die "Versus Grappling" goue medaljes gewen.
Kaitlyn en Bayliam van Wyk het weereens ’n gatskop-optrede by die “Versus Grappling” kompetisie getoon toe hulle albei goue medaljes gewen het.
Kaitlyn het nie net een gewen nie, maar sommer in twee kategorieë goue medaljes ontvang.
Die kompetisie wat op Saterdag , 9 Maart plaasgevind het, was nie ’n maklike een nie – Versus toernooie is bekend in die gemengde gevegskunswêreld om een van die moeilikste kompetisies te wees.
Net die beste van die bestes word gekies om deel te neem en dit is ’n groot eer om ’n goue medalje daar te kry, en meer besonders om twee te kry.
Kaitlyn is nog baie jonk en begin nou eers regtig met haar gevegskunsloopbaan in die groot toernooie; sy gaan nog groot golwe maak.
Sy het goud behaal vir die meisies o.18 55kg afdeling en in die vrouens onder 55kg afdeling.
Haar boetie, Bayliam van Wyk het net so goed gedoen by die toernooi en het ’n goue medalje gewen vir die seuns onder 55kg afdeling.
Werklik ’n gesin van wenners, as hulle só aanhou, gaan dié twee nog hoër hoogtes bereik.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of skakel ons by 013 656 2490
• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram
