CrimeLocal newsNews

Inbrekers betrap met hul toerusting

Vyf huis inbrekers gevang met al hul toerusting.

Vyf inbrekers is gevang en gearresteer met hul beweerde wegkomvoertuig saam met inbraak-toerusting nadat gemeenskapspolisiëringslede hulle opgemerk het en onraad gemerk het dat iets nie pluis is met hoe die verdagtes optree en stadig deur die woongebied gery het nie.

 

Op Sondag, 22 Mei om 02:21 het SACCW gemeenskapspolisiëringslede ’n rooi Volkswagen Polo sien rondry in Hoëveldpark. Hulle het vermoed dat die vyf mans rondry om moontlik kwaad te doen.

Die kar waarin die mans was met die toerusting.

Nadat die manne ’n rukkie agtervolg is, het hulle die Polo gestop.
Die vyf verdagtes het verduidelik hulle was op die N4 toe hulle verdwaal het en kon nie hul pad terugvind na die N4 toe nie.

 

Hoe hulle van die N4 af in Hoëveldpark opgeëindig het, is waar die storie nie lekker geklop het vir die SACCW-lede nie.

Inbraak toerusting is glo gevind in die Volkswagen Polo.

CSC Tactical is gekontak om die mans en hulle voertuig te deursoek.

 

“Daar is toerusting wat spesifiek gemaak is vir inbrake gevind, asook ’n boutsnyer wat in die enjinkap versteek was,” het SACCW-lid, Frik van Dyk gesê.

 

Die mans is gearresteer.

“Ek wil dankie sê aan almal wat saamwerk om misdaad te beveg in ons buurt. Ons sal nie ophou om ons gemeenskap te dien nie en saam maak ons dit ’n beter plek,” het Van Dyk gesê.

“Die verdagtes is gearresteer en verdere ondersoek word gedoen,” het woordvoerder vir die polisie kaptein Eddie Hall bevestig.

 

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button