Local newsNews

Die kuns vloei terwyl daar na God se woord geluister word by Caramia Speranza

By Caramia Speranza in Jackaroopark gallop harte vir Jesus.

Moeders en hul kinders het ’n geleentheid gehad om hulle geloof, harte en verhouding met die Heilige Gees te versterk die naweek by Caramia Speranza in Jackaroopark, vir ’n byeenkoms om te ontdek hoekom elke persoon spesiaal en uniek is in die Here se oë.

Op Saterdag, 6 Julie, het hulle geleer oor verskillende persoonlikhede, liefdestale en die Vrugte van die Gees. Hulle het die dag geëindig met ’n profetiese kunsklas, aangebied deur Shereen Grobler.

Lee-Ann Snyman, Marlee Snyman, Danika Jonker, Anita Terblanche, Giovanni Jonker, Adrie van der Merwe, Aneldi van Niekerk, Rhonda Botes, Ina van der Merwe, Annetjie Terblanche en Ebert van der Merwe.

“Dit was ’n wonderlike dag. Die Here is dieselfde, vandag, gister en môre. Ons moet kan stil wees en luister,” het Anita Terblanche, organiseerder van die byeenkoms gesê.

Die groep het na die Bybelgesprek met hulle kuns begin.

Soos Sherene gesê het, “Ons behoort glad nie verbaas te wees oor hoe die Heilige Gees werk nie, dit is dan dieselfde Heilige Gees wat Jesus laat opstaan het uit die dood uit.”

Almal het die dag terdeë geniet en heerlike tee, koffie, koek en beskuit saam geniet terwyl hulle met eendersdenkende Christene tyd kon spandeer.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button