CrimeLocal newsNews

Bolt-bestuurder in Mamelodi afgelaai na beweerde kaping

Bolt-bestuurders is ook ‘sagte’ teikens.

’n Bolt-bestuurder in eMalahleni het die skok van sy lewe gekry toe wat veronderstel was om ’n eenvoudige op- en aflaai in Mamelodi te wees, in ’n nagmerrie ontaard het.

Op Saterdag, 3 Augustus, omstreeks 18:40, het die Bolt-bestuurder ’n versoek ontvang om ’n vrou genaamd Lerato, in Jellicoestraat te gaan optel.

Met sy aankoms by die bestemming vyf minute ná die versoek, is hy deur die vrou en twee metgeselle, nog ’n vrou en ’n man, ingewag; hulle het hom op die hoek van Jellicoe- en Mandelastraat ontmoet.

Die passasiers het in sy voertuig, ’n silwer Renault Triber met registrasienommer LCL603MP, geklim en hy het, wat hy gedink het, ’n rustige reis na Mamelodi sou wees, begin. Nadat hy sowat twee kilometer gery het, het hy gehoor hoe ’n pistool na bewering oorgehaal en teen sy kop gehou word. Die manlike passasier het glo vir hom gesê om verder te ry.

Die slagoffer het aan die polisie vertel hy het die ontstellende reis voortgesit wat meer as ’n uur na Mamelodi geduur het.

Die verdagtes het hom na bewering gedwing om by ’n onbekende bestemming in Mamelodi af te trek, waar hulle glo sy voertuig, sy selfoon, bestuurderslisensie en al sy bankkaarte gevat het.

Hulle het hom gestrand gelaat, maar gelukkig ongedeerd langs die pad in Mamelodi gelos sonder dat hy iemand kon kontak of homself by die huis kon kry.

Bolt-bestuurders is meer en meer in gevaar, maar om bewus te wees van die risiko’s, kan jou help om nie ’n slagoffer van misdaad te word nie.

’n Paar wenke om te help:

“Moet nooit in donker stegies parkeer sonder straatligte nie. Maak seker dat jou deure te alle tye gesluit is en wees altyd waaksaam en wakker, veral wanneer jy snags in gebiede met hoë misdaad bestuur. Moenie afgelei word deur jou foon nie, ’n passasier of jou radio nie. Gaan jou omgewing na en hou jou kant dop en hersien spieëls om bewus te wees van algemene misdaad opportuniste. Hou een-motor-afstand tussen jou en die motor voor jou wanneer jy in die nag ry, veral wanneer jy by stopstrate of verkeersligte kom, want dit is brandpunte vir misdadigers,” het kaptein Eddie Hall, woorvoerder van die Witbank polisie gesê.

Witbank polisie ondersoek die saak en enigiemand met inligting word gevra om asseblief Witbank Speurdienste se bystandnommer by 079 891 4809 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel of die MySAPSApp.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button