Fietsryer oorgeplaas na hospitaal in Johannesburg
Lumardt is gister oorgeplaas na Flora Kliniek in Johannesburg.
Die jong fietsryer wat verlede naweek by Saveways Sentrum raakgery is, is oorgeplaas na ‘n kliniek in Johannesburg.
Lumardt Pienaar se ma, Raylene Pienaar het gesê hy het op pad na die hospitaal toe weer ‘n epileptiese aanval gehad.
“Die noodspan was absoluut wonderlik en het hom binne minute gehelp. Hy het intussen ‘n goeie nagrus gehad,” het Pienaar gesê.
‘n Neuroloog, ortopediese chirurg en oogspesialis het reeds begin met toetse en skanderings en die ouerpaar hoop om teen môre antwoorde te hê .
Die bestuurder van die bakkie wat Lumardt gestamp het, het weggejaag.
Die polisie ondersoek ’n saak van roekeloos of nalatige bestuur.
Lumardt het verlede Saterdag tweede algeheel geëindig in die Alzu Tour de Farm 45km resies.
Hy is tans sewende op die ranglys in die land en eerste in Mpumalanga.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.