Local newsNews

Carpe Diem groet die jaar in styl

Die lag en gesels het tussen die mure gebons en vertel van die heerlike atmosfeer tydens die jaarafsluiting.

Die jaar se uurglas loop nou vinnig uit en dit is in rooi onderstreep toe die VLU Carpe Diemstreek hul jaarafsluiting gehou het.

Leilani Pike en Marie Loubser.

Die dames het Donderdag, 28 November, by Anneli’s Tea Garden bymekaargekom en tussen die opgewonde lag en gesels is daar teruggekyk op ‘n baie suksesvolle jaar.

Frances Theron.

Die streek het 120 lede en bestaan uit sewe takke.

Magda Steyn en Evelyn Mocke.

Die streek streef daarna om vroue te bemagtig op kreatiewe en intellektuele gebied, terwyl daar ook lekker gekuier en vriendskapsbande gesmee word.

Isabel Harmse en Didi van den Bergh.

Jaarliks word die dames bederf tydens die streek se konferensie. Uitstappies en ander funksies word ook deurlopend gehou.

Janet Franke en Maria Kriel.
Analeen Botha en Elsa van Tonder.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button