‘Smile’ dis aansteeklik
Immergroen Aftreeoord het Kersfees is behoorlik gevier met liedjies van ouds.
Immergroen Aftreeoord het die jaar met ‘n glimlag gegroet. Dit nadat hulle die sangeres, Bernadene Theron se raad gevolg en begin glimlag het.
Bernadene het op 6 Desember aan die jonges van dae gesê om te glimlag, want dis aansteeklik.
Met glimlaggies wat tot in hulle oë weerspieël het, het hulle lekker saam met Bernadene gekuier, ‘n heerlike middagete en nagereg geniet en lekker met vriende opgevang.
Al die donateurs is bedank vir die positiewe bydrae wat hulle die afgelope jaar gemaak het.
‘n Spesiale dank is ook aan Avbob gerig wat Bernadene se optrede vir die dag moontlik gemaak het.








Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
