VLU se Witbank-tak vier verjaarsdag met samehorigheid en vreugde
'n Dag van dankbaarheid en trots vir taklede toe Vroue Landbou-unie se Witbank-tak kersies op hul verjaarsdagkoek uitblaas.
Die Vroue Landbou-unie (VLU) het onlangs ’n spesiale mylpaal gevier – die 47ste verjaarsdag van die Witbank-tak.

Die taklede het almal op 3 April bymekaargekom om hierdie besondere geleentheid te vier.
Die atmosfeer was gevul met vreugde en samehorigheid, terwyl die lede heerlike lekkernye geniet het.
Die tak het dit ook goed gedink om geskenke uit te deel wat hulle self gemaak het. Elke taklid het een geskenk gekry afhangend van die nommer wat getrek was.

Die dag was gevul met inspirerende kuns, musiek, en heerlike kos.

Die voorsitter van die VLU het die belangrikheid van die organisasie se werk beklemtoon en die lede bedank vir hul onwrikbare toewyding en ondersteuning deur die jare.
Hierdie viering het nie net die geskiedenis van die VLU geëer nie, maar ook die pad vorentoe belig. Dit was ‘n dag van dankbaarheid, trots, en hoop vir die toekoms.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.
