Neo Doxa kerk het onlangs ’n opwindende nuwe hoofstuk in hul geskiedenis betree deur in ’n groter gebou in te trek.
Op 16 Maart het Neo Doxa nuwe hoogtes bereik met die doel om die bediening net groter te maak.
“Hierdie skuif simboliseer nie net fisiese groei nie, maar ook ’n verdieping van ons geestelike reis en ons verbintenis tot die gemeenskap. Ons is toegewyd aan die prediking van die Woord van die Here. Elke preek is ’n weerspieëling van die Goddelike leringe en die liefde wat God vir elkeen van ons het. In ons nuwe gebou sal die boodskappe van geloof, hoop en verlossing weerklink, en ons herinner aan die krag van God se Woord in ons lewens,” het pastoor Roelof Grové gesê.
Die nuwe gebou dien as ’n kernboodskap wat oorgedra word – die getuienis van God se liefde en opoffering.
“Liefde en verlossing is die fondament van ons geloof en die boodskap wat ons met die gemeenskap wil deel. Dit is ’n herinnering dat, ongeag die uitdagings wat ons in die gesig staar, God se liefde onwrikbaar is,” het Grové verder uitgebrei.
By Neo Doxa glo hulle in die bou van verhoudings.
Hierdie nuwe gebou bied hulle meer geleenthede om byeenkomste en aktiwiteite aan te bied wat verhoudings versterk.

Hulle streef daarna om ’n omgewing te skep waar mense nie net nader aan God kan kom nie, maar ook aan mekaar.
“’n Sterk verhouding met God en met mekaar is die kern van ’n gesonde en liefdevolle gemeenskap,” het Grové passievol gesê.
Dit is Neo Doxa se doel om saam te groei in geloof en verhoudings te bou wat ’n blywende impak sal maak.
“Dit is vir ons belangrik dat die gemeenskap voortgaan om die Woord van God te verkondig, die getuienis van God se liefde te deel, en ’n gemeenskap te bou wat die liefde en opoffering van ons Verlosser weerspieël,” het Grové opgewonde gesê.
Breaking news at your fingertips … Follow WITBANK NEWS on our website, Facebook, Twitter, Instagram or TikTok
Chat to us: info@witbanknews.co.za
