Local newsNews

‘My mammie se laaste dae was hel’ – dogter stort haar hart uit

Edenpark Aftreeoord se bestuur het tydens ʼn onderhoud gesê hulle sal die klagtes van beweerde verwaarlosing ondersoek.

Drie afsonderlike klagtes van beweerde verwaarlosing van bejaardes by Edenpark se verswakte eenheid het onlangs aan die lig gekom.

Foto’s wat aan WITBANK NUUS gestuur is, wys twee bejaardes se bedsere.

Die vraag wat gevra word is, word daar na die bejaardes in die verswakte eenheid omgesien?

Waarskuwing grafiese foto | Een van die bejaardes se bedsere.

Mnr. Kobus Sutherland, voorsitter van Edenpark Aftreeoord se raad het tydens ’n onderhoud met WITBANK NUUS gesê daar moet gekyk word na waar die bejaardes die bedsere opgedoen word.

Dit is irrelevant waar die bedsere opgedoen is. By die aftreeoord waar daar duisende rande per maand betaal word om na die oues van dae om te sien, moet hulle die nodige sorg en behandeling, wat insluit dat hulle wonde skoongemaak en hulle gereeld omgedraai word, ontvang.

Die noodklokkie lê op die grond.

’n Klagte dat een van die bejaarde vroue in ’n badkamer laat val is, is ook aan die koerant gerapporteer.

Dr. Cariena Schutte, direkteur van die aftreeoord het gesê alle klagtes word aangeteken en opgevolg.

Waarskuwing grafiese foto | Onverklaarbare merke op ’n bejaarde se bene.

Lees die volle berig in die week se uitgawe van WITBANK NUUS.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste,  FacebookTwitter,  Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button