Local newsNews

Nocturne-tak doen dit weer!

Van pannekoek tot denims

Die vroue van die VLU Nocturne-tak het weer eens hul gewilde Wit Olifant-verkoping aangebied.

Dit was ’n fees van tweedehandse vondse, met tafels wat behoorlik gekreun het onder die gewig van ’n wye verskeidenheid items – van dekor en huishoudelike ware tot klere en boeke.

Lize Visser en Ernastine Otto.

Die kooplustiges het reeds vroegoggend op die tafels toegesak, en dié wat die beste items wou kry, moes vinnig besluit.

Een spesifieke tafel het veral die skare gelok – klere, insluitend hemde, denims, bloesies en nog vele meer, teen die ongelooflike prys van slegs R20 per stuk.
Die aroma van varsgebakte pannekoek het deur die lug gewaai, en ’n groot aantrekking was die heerlike springmielies met ’n verskeidenheid geurige soute.

Annatjie Botha, Wilma van Zyl, Lizette Pansegrouw en Leigh-Ann Pansegrouw.

Die feesatmosfeer was tasbaar, met laggende gesigte en vol hande.
Met die sukses van hierdie verkoping is dit duidelik – Nocturne-tak weet hoe om ’n gemeenskapsgeleentheid te skep wat mense bymekaar bring, en die volgende Wit Olifant-verkoping gaan beslis weer ’n hoogtepunt wees!

Wanda Blignaut, Elsie Greaves, Ansunette Smook en Lenie Swan.

“Ek wil net die gemeenskap bedank vir hul ondersteuning asook diegene wat hul tyd en items geskenk het om die verkoping ’n sukses te maak. Elke aankoop en bydrae help ons om voort te gaan met ons gemeenskapsprojekte,” het die tak se voorsitter, Wilma van Zyl gesê.

 

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste,  FacebookTwitter,  Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button