Local newsNews

eMalahleni besigheidsman sterf in motorfietsongeluk

Die ongeluk het gisteroggend vroeg op die N12 gebeur.

‘n Besigheidsman is gisteroggend dood in ʼn ongeluk wat op die N12 net duskant die Sundra-afrit plaasgevind het.

Eschell van Staden (48) was op sy motorfiets op pad na Brakpan toe die ongeluk plaasgevind het.

Sy pa, pastoor Willie van Staden het gesê ’n stilstaande vragmotor het vanaf die linker skouer van die pad weggetrek en regoor al twee die bane gery.

“Eschell het nie kans gehad om uit te swaai nie,” het Van Staden emosioneel gesê.

Hy het gesê sy seun was op pad na ʼn projek in Brakpan en hy en een van hul werkers sou later deurgaan.

“Ek het nie woorde nie …” het die pastoor gesê.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste,  FacebookTwitter,  Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button