Smullekker sop en pannekoek met ’n doel
’n Smaaklike manier om studente te ondersteun.
Die gemeenskap het ’n wonderlike geleentheid om saam te kuier en iets lekkers te geniet. Op 31 Mei word daar gewoeker en gebak by Ons Winkel en jy kan pannekoek koop vir slegs R5 elk.
Die inisiatief gaan nie net oor smullekker winterkos nie, maar ook oor gemeenskapsondersteuning en ’n helderder toekoms vir studente.
As deel van die dag se feestelikheid ontvang kliënte wat meer as R100 in die winkel spandeer gratis sop of pannekoek.
Die span agter Solidariteit Helpende Hand en Ons Winkel beoog om met hierdie geleentheid ’n verskil te maak en fondse in te samel vir studente wat finansiële hulp nodig het.
Elke koppie sop en pannekoek wat geniet word, dra by tot ’n groter doel – die bevordering van onderwys en gemeenskapsontwikkeling.
Die organiseerders moedig almal aan om deel te wees van die verandering deur hierdie wonderlike inisiatief te ondersteun.
Ons Winkel is geleë in die Wersea-gebou, agter Fruit & Veg, in Jeanettestraat.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
