Local newsNews

Michque se engel is soek

Wie is die man met die Bybel wat vir Michque Viljoen gebid het?

Hoe lyk engele? Is hulle vreemde hemelwesens met wit klere en vlerke.

Twee van die engele wat in die Bybel aan ons voorgestel is, is Migael, die aartsengel, en Gabriël, die boodskapper.
Dis nie aldag dat ons hulle sien nie, maar partykeer is daar engele tussen ons wat net opdaag en sonder om te vra, bid.

Michque Viljoen is op soek na die ‘engel’ wat op die dag toe sy met haar motorfiets geval het, nader gekom en gevra het of dit ernstig is.

Sy en haar vriend het op 24 Mei op ’n klein grondpaadjie agter Builders Warehouse gery sodat sy meer ondervinding kan opdoen op haar BMW GS310 toe sy in los sand gegly en haar elmboog beseer het.

“Ek het vir die man gesê my arm het seergekry. Hy het gekyk en gevra of hy vir my kan bid, het sy vertel.

Die man het sy Bybel gebruik en onder haar elmboog ingedruk om dit te stut terwyl hy gebid het.

“Dit het my meer rustig gemaak in terme van pyn tot my pa my kom haal het om hospitaal toe te vat. Ek glo en vertrou ook dis een van die redes dat ek nie seerder gekry het as wat ek het nie.”

Net soos hy verskyn het, het hy ook verdwyn.

“Ek wil graag vir die man sê ek is oukei en ek wil ook vir hom dankie sê vir sy gebed.”

As jy weet wie hierdie man is, kan jy Michque se ma, Michelle Viljoen, skakel by: 076 859 0958.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button