Hongersnood projek van die grond af
Die plaaslike Helpende Hand-tak nooi jou uit om deel te word van hulle projekte.
Helpende Hand is steeds baie besig met die jaar se beplanning.
Op hul agenda op 3 Junie was hulle hongersnood projek by die skole en die pannekoek en sop verkoping wat so ’n groot sukses was.
Poon Grobler, oud-skoolhoof en nou deel van die Helpende Hand tak se bestuur, het hand opgesteek en gesê hy sal die hongersnood projek lei. Hy sal later meer terugvoer oor die inisiatief deurgee.
Die tak was baie opgewonde oor die fondse wat tydens hulle pannekoek en sop verkope gemaak was.
Die aanvraag vir die lekker sop en pannekoek was so groot, dat daar besluit is om dit meer gereeld te maak.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
