HTS vier ’n skitterende gholfdag by Witbank Gholfklub
’n Fantastiese sosiale ervaring, waar vriendskappe versterk is en nuwe bande gesmee was.
Die gemeenskap van HTS het onlangs ’n suksesvolle en onvergeetlike gholfdag aangebied by die Witbank Gholfklub, waar spelers van verskillende vaardigheidsvlakke byeengekom het vir ’n dag vol kompetisie, kameraadskap en pret.
Die gholfdag was ’n reusesukses, met ongelooflik baie deelnemers wat opgewonde was om hul slag te wys op die baan. Van beginners tot ervare spelers, het almal die geleentheid geniet om deel te wees van ’n dag waar sport en gemeenskapsgees saamgevloei het.
Die perfekte weer het die dag nog meer spesiaal gemaak, en deelnemers het die gholfdag ten volle benut. Daar was verskeie stalletjies en geleenthede vir spelers om deel te neem aan uitdagings en pret speletjies.



Die gholfdag het ’n uitstekende platform gebied vir plaaslike besighede om hul handelsmerke te bevorder en hul sigbaarheid te vergroot.
Met ’n groot aantal deelnemers en toeskouers het entrepreneurs en ondernemings die geleentheid gehad om hul dienste en produkte te bemark, nuwe kliënte te werf, en waardevolle netwerke te bou.
Die HTS-gemeenskap, sowel as plaaslike besighede wat die dag ondersteun het, het gesorg dat alles glad verloop. Die gees van spanwerk en ondersteuning was tasbaar, en deelnemers het die dag afgesluit met ’n gevoel van prestasie en samehorigheid.
“Ek wil maar net dankie sê aan die gemeenskap wat ons kom ondersteun het; ek dink dit was ’n reusesukses. Dankie aan die awesome blou span wat dit moontlik gemaak het om só suksesvolle dag te reël, ek weet dit is harde werk en dit word raakgesien,” het mnr. Paul Liddle, skoolhoof van HTS met trots gesê.
Die dag het nie net vir skitterende gholf gesorg nie, maar ook vir ’n fantastiese sosiale ervaring, waar vriendskappe versterk is en nuwe bande gesmee is. Die sukses van die geleentheid het verseker dat die HTS-gholfdag ’n hoogtepunt op die kalender sal bly.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
