Local newsNews

Michque se engel is gevind

Michque se engel het vertel hy doen net wat God van hom verwag – en dit is om goed te doen aan ander.

Die geheim is opgelos. Die man wat ‘spoorloos verdwyn het’ toe hy op 24 Mei vir Michque Viljoen gebid het nadat sy van haar motorfiets afgeval het, is gevind.

Op 13 Junie het Michque en Rashid Kamwendo, net ’n entjie van waar sy geval het, ontmoet.

Sy het met trane in haar oë ’n geskenk aan hom oorhandig en dankie gesê vir die kalmte wat hy oor haar gebring het toe sy geval en haar elmboog ontwrig het.

SIEN DIE VIDEO HIER

@witbanknews After she fell off her motorbike, Michque Viljoen set out to find the man who prayed for her where she sat covered in dust and in a lot of pain. She found him! #angel #friendship #prayer #bible #manofgod #godlylove #wecare #rashid #eMalahleni #witbanknews #news #communitynews #breakingnews ♬ original sound – witbanknews

Rashid se glimlag het in sy oë gedans en hy het gesê hy doen net wat God van hom verwag – en dit is om ander onvoorwaardelik lief te hê en God se woord te verkondig.

“My siening van die lewe het verander. Ek sou nooit gedink het my dag sou so uitdraai en ’n man sou stop, ’n Bybel onder my arm druk om my elmboog te stut en vir my bid nie,” het Michque vertel.

Rashid het Michque langs haar BMW GS310 gekry waar sy in die los sand gegly en geval het.

Hoe lyk engele was die vraag op die oorspronklike berig toe Michque die koerant genader het om te help soek na ’n vreemdeling.

Michque het die vraag geantwoord met ’n hart wat oorloop van dankbaarheid, “God stuur elke dag engele op ons pad. Partykeer is ons nie aangetrek vir die geleentheid nie, en het ook nie tafel gedek om hulle te verwelkom nie. Partykeer moet ons in die stof lê om iemand soos Rashid te ontmoet. God het spesiale engele op aarde gesit en ek kan vir almal vertel, ek het ’n engel ontmoet.”

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button