Local newsNews

Nog geen terugvoer van Edenpark af nie

Die ondersoek na beweerde klagtes van mishandeling en kos wat nie op standaard is nie, is steeds onder die soeklig.

’n Maand het al verloop en nog steeds het WITBANK NUUS nie Edenpark Aftreeoord se voorvalle-rekords onder oë gehad nie.

Nadat die eerste berigte verskyn het, het die aftreeoord besluit om eerder ’n skrywe aan te stuur waarin die media met naamskendingslitigasie gedreig word.

Die regte kanale is gevolg en weer is die voorvalle-rekords aangevra.

Weereens het die aftree-oord se bestuur die rem opgetrek en in plaas van toegang tot die voorvalle-boek is ’n prokureursbrief gestuur om die media te probeer snoer.

Edenpark Aftreeoord hou steeds voet by stuk dat hul nie toegang gaan verleen nie. Ten spyte van die oorweldigende openbare belang, is privaatheidswetgewing as rede voorgehou.

Die media het die reg om oor voorvalle in die openbare belang verslag te lewer.

Hierdie kettingreaksie volg na beriggewing oor beweerde klagtes van mishandeling, sowel as klagtes oor kos wat glo nie op standaard is nie en bedklokkies wat na bewering nie werk nie.

Dr. Cariena Schutte, die aftreeoord se bestuurder het tydens ’n besoek aan WITBANK NUUS op 12 Mei, gesê, “Ek gaan na almal terug – ek verwys terug as ek nie tevrede is nie of ek sal partykeer sê nou het ons ’n familiegesprek nodig of het ons ’n maatskaplike werk-intervensie nodig – dit hang maar af. Of ek self ’n gesprek hê, maar ek is gewoonlik deel van die familiegesprek.”

Volgens een van die klaers is dit blykbaar nie die geval nie, omdat sy nie in kennis gestel was dat haar ma beseer is toe sy onlangs geval het nie.

WITBANK NUUS het intussen video’s van ’n bejaarde in die verswakte afdeling se bekommerde dogter ontvang wat oor ’n tydperk geneem is.

In al die video’s word die bedklokkie gedruk, maar dit werk nie.

SIEN DIE VIDEO HIER

Daar is ook nog geen terugvoer oor die navrae oor die beweerde stukkende klokkies ontvang nie.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button