’n Dringende oproep tot hulp!
Rina smeek om hulp ná skielike blindheid – “My wêreld het klein geword”
Rina Pittaway se lewe het onlangs radikaal verander nadat sy medies blind verklaar is.
Ná ’n besoek aan die oogspesialis is sy gediagnoseer met ernstige katarakte aan albei oë asook verkalking agter haar regteroog. Haar sig het in só ’n mate agteruitgegaan dat dit haar daaglikse lewe en onafhanklikheid drasties beïnvloed.
“Toe ek die spesialis gaan sien het, het hy my medies blind verklaar om te bestuur. My persoonlikheid het verander van ’n ekstrovert na ’n introvert. Waar ek altyd die een was wat almal kon help, is ek nou totaal en al afhanklik van ander omdat ek tonnelvisie het en nie diepte of hoogte kan onderskei nie. Ek moet aan iemand se arm vashou vir ondersteuning wanneer ek stap, want ek is bang om te val – My wêreld het skielik baie kleiner geword,” het Rina hartseer gesê.
Die goeie nuus is dat haar toestand omkeerbaar is.
’n Dubbele katarak-operasie en lensvervanging kan haar sig herstel, maar die kostes van dié prosedure is ’n groot struikelblok.
Die totale kostes beloop ongeveer R61 946. Die operasie kan by Highveld Ooghospitaal uitgevoer word – ’n instansie wat bekend is vir hul kwaliteitsorg.
“Ek het 6m visie oor in my regteroog en 12m visie oor in my linkeroog – ’n Gesonde oog het ongeveer 120m visie,” het Rina probeer verduidelik met trane in haar oë.
Sy vra nederig die gemeenskap se hulp om weer die wêreld rondom haar te kan sien. Enige donasies, groot of klein, sal opreg waardeer word – Jou bydrae kan die sleutel wees tot haar nuwe begin!
Rina het verduidelik dat net een oog op ’n slag gedoen kan word daarom verdubbel al die kostes wat daaraan verbonde is.
Die kostes van die operasies is as volg:
Dr. Michelle Meyer (Narkotiseur) – R4 973 per oog
Bank: Investec Bank (current)
Rekeningnaam: Dr. M. MeyerRekeningno: 10 013 443 842
Takkode: 580105
Verw: Mrs J. K. Pittaway
Dr. Potgieter, Meyer & Partners – R5 500 per oog
Rekeningnaam: Dr. Meyer, Potgieter & Partners Inc
Bank: Nedbank (Tjek)
Tak: Arcadia (198765)
Rekeningno: 1656 308 460
Verw: DEB43414
Highveld Ooghospitaal – R20 500 per oog
Rekeningnaam: Highveld Eye Operational
Bank: Nedbank (Tjek)
Tak: Business Banking Pretoria (198765)
Rekeningno: 1066170401
Verwysing: Mrs J. K. Pittaway
Vir enige navrae, kontak Lisa by 012 644 5000.
Breaking news at your fingertips … Follow WITBANK NEWS on our website, Facebook, Twitter, Instagram or TikTok
Chat to us: info@witbanknews.co.za
