Local newsNews

Oud-balju sterf

Frans se afskeidsdiens vind op 16 Julie in Middelburg plaas in die kapel by Fontein Begraafplaas.

Dit is met groot hartseer dat daar môre van Frans du Toit afskeid geneem gaan word.

Frans is op 9 Julie oorlede.

Frans was die oud-balju.

Frans en sy gesin het in 1968 na die destydse Witbank verhuis.

Hy het toe by Highveld Steel gewerk en was ook deeltyds ’n begrafnisondernemer.

ʼn Paar jaar later, begin hy deeltyds, en later heeltyds, werk as adjunk-balju en word later amptelik aangestel, deur die Departement van Justisie, as Balju van Witbank.

Voorspoed, sukses en ryke seëninge is deel van sy lewe van hier af vorentoe.

Na ʼn huwelik van 50 jaar, het sy vrou, Kay gesterf.

Hy het later vir Mercy ontmoet en in die huwelik getree.

Tydens sy latere lewe, het hy hom beywer om die Woord van God te deel en Christelike boeke landwyd gratis te versprei.

So het hy vele siele na Jesus gelei. Sy liefde, ywer en passie vir Jesus en Israel sal altyd onthou word.

Frans was die hoeksteen van die familie. Sy impak het verder gestrek as net sy huis. In die gemeenskap was hy bekend vir sy warmte en vrygewigheid. Hy was iemand wat stilweg sy tyd en energie gegee het om ander te help, sonder om erkenning te soek.

Met baie wysheid, het hy lewenslesse oorgedra wat baie mense vir die res van hul lewens sal koester. Deur sy dade het hy vele die waarde van harde werk en veerkragtigheid geleer.

Sy onwrikbare geloof in God was die fondasie van sy lewe en hy het ʼn voorbeeld gestel vir almal.

 

“Hy het ons geleer om op God te vertrou, selfs in moeilike tye, en om ons lewens met vriendelikheid en deernis te leef. Hier teen die einde van sy lewe, het hy dikwels gesê dat hy uitsien om die Here se aangesig te aanskou en by Sy voete te sit,” was die boodskap van sy familie.

 

“Al is hy nie meer fisies by ons nie, weet ons vir seker waar hy nou is. Laat ons voortgaan om die lesse wat hy ons geleer het, uit te leef – om onvoorwaardelik lief te hê, onselfsugtig te dien, en ons vertroue in God te plaas.”

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button