AfriForum woeker in eMalahleni
Noodwaterpunte in eMalahleni word deur AfriForum van naderby bekyk en bespreek.
Die burgerregte-organisasie, AfriForum se buurtspan is kliphard besig om eMalahleni onder hande te neem.
Daar word gras gesny, laaghangende takke afgesny en voetoorgange geverf.
“Dié projek is deel van die eMalahleni en Middelburg-takke se inisiatiewe om die stad en dorp skoon te maak,” het Sarel van Heerden, voorsitter van AfriForum Witbank-tak gesê.
Die buurtspan se trokkie sal binnekort spog met die AfriForum handelsnaam en as jy verbyry, kan jy gerus toeter blaas en waai.
Tydens die Witbank-tak se maandelikse vergadering wat op 7 Julie gehou was, was daar nog projekte bespreek wat noodwaterpunte insluit.
Die doel van die noodwaterpunte is om op ’n volhoubare manier water aan die gemeenskap te gee as daar ’n noodsituasie ontstaan.
Dit sal verligting bring vir baie huishoudings in eMalahleni waar droë krane ’n daaglikse ding is.
Substasies is ook ’n teiken wat gereeld deurloop omdat kriminele skakels daaruit steel om te verkoop en die gemeenskap vir ure sonder elektrisiteit laat.
Daar word ook beplan om die substasies in die stad te beveilig deur monitering met die hulp van sekuriteitsmaatskappye.
As jy meer wil weet oor die organisasie se projekte en wil deel word, besoek gerus https://afriforum.co.za/en/.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
