Kom drink tee saam met Gerrie
Gerrie Jordaan se wyse woorde het al in baie se harte ingeklouter.
Gerrie Jordaan is bekend vir haar inspirerende goudklontjies.
Sy is ’n woord-kunstenaar wat die woorde in alledaagse situasies inweef met fyn draadjies van humorsin en wysheid.
Sy is die gasspreker by die AGS Oasis Kerk se damestee wat op 9 Augustus plaasvind.
Die oggend begin om 09:30 vir 10:00. Drag is semiformeel en kaartjies is R175 per persoon wat ’n middagete insluit.
Die AGS Oasis is in Olifantstraat geleë.
Bel gerus vir Felicity Jordaan: 083 743 5237 of Veronica Scheepers: 82 467 0399 om jou kaartjie te bespreek.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
