Zariskia se golfdag in Augustus
'n Gholfdag is gereël om fondse te in, om'n spesialis ondersoeker wat Zariskia Czövek se dood ondersoek, te betaal.
Zariskia Czövek, die tiener wat dood gevind is in ’n gastehuis badkamer in Pietersburg, word deur Jacques Visser, ’n spesialis ondersoeker verbonde aan Mike Bolhuis se spesialis sekuriteitsdiens, gedoen.
Visser het genoem die ondersoek gaan ’n proses wees en hy het aangedui hulle het reeds met kenners gesels oor gasinstallasies.
Zariskia se ma, Venice Vosloo, het haar lewelose lyfie op 28 Februarie gekry nadat sy gaan stort het.
Vosloo het vertel dat sy op die bed aan die slaap geraak het na die lang rit Pietersburg toe.
Zariskia het net na 20:30 gaan stort en drie ure later het Vosloo die badkamerdeur oopgebreek en haar dogter se lyfie opgetel.
Daar is bespiegelinge dat Zariskia deur gas oorval is toe sy gaan stort het. Die badkamer het ’n gas geiser in.
“Dit vreet my op. Ek het soveel vrae, ek wil net geregtigheid hê vir my ‘Babyloo’.”
Die kostes vir ondersoeke op die vlak is geweldig hoog. Daarom het Zariskia se mamma, Venice Vosloo, begin met fondsinsamelingsprojekte om die geld bymekaar te maak.
Mike Bolhuis se span neem die tiener, Zariskia Czövek, wie in ’n gastehuis dood gevind is, se ondersoek verder
Lees meer hier : https://t.co/BnG1tNvRTy#Witbanknuus #Zariskia #emalahleni #Witbank— WitbankNews (@WitbankN) June 13, 2025
Sy het ’n gholfdag gereël wat op 1 Augustus by Witbank Gholfbaan gaan plaasvind.
Sy reik uit na die gemeenskap om die reis saam met haar te voltooi.
As jy belangstel in die gholfdag, kan Vosloo gekontak word by 074 319 7651.
Nuus wat saak maak … Volg
WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
