Local newsNews

Oom Leon se kwinkslae en wysheid gaan baie gemis word

Oom Leon was altyd gereed met ’n geselsie en ’n goudklontjie wysheid as jy hom by Outram Afslaers raakgeloop het.

Oom Leon Nel was ’n welbekende gesig in eMalahleni.

Vandat hy as jongman prestasies op die atletiekbaan gelewer het, as ingenieur by Eskom, as toegewyde Gideons-man wat menige skoolkind se Gideons Bybeltjie in ’n graad 8 leerling se hand geplaas het, tot sy laaste vele jare waar hy by elke matrie-afskeid met of sy Model T Ford, Willys Jeep, Mustangs sy vrou en ook sy kinders opgeroep het om saam hom ’n opgewonde matrikulant se hart te verbly.

Verlede Vrydag is die geliefde ‘Gideons-generaal’ opgeroep tot hoër diens, toe hy op 79-jarige ouderdom vaarwel aan die lewe op aarde moes toeroep.

“Oom Leon was ’n ‘gentleman’. Hy het altyd vertel van sy passie vir sy veteraanmotors en liefde vir Jenny, sy vrou. WITBANK NUUS het onlangs nog by hom en Jenny gaan inloer en foto’s geneem waar ’n weerligstraal ’n gat in die grond onder die reuse boom in hul voortuin geslaan het. Oom Leon laat ’n reuse leemte,” het WITBANK NUUS redakteur Zita Goldswain gesê.

Hy laat sy geliefde vroulief, Jenny, drie kinders en agt kleinkinders agter.

’n Herinneringsdiens word op 25 Julie by die NG Kerk, Witbank-Suid in Dan Pienaarstraat gehou.

Die diens begin om 10:00.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button